Monday, March 16, 2009

Borgskappe

In 2008 het die Paardekraal Verkenners drie suksesvolle feeste gereël by die Paardekraal Monument:

Die Volkskultuurfees op die 31ste Mei 2008
Die Heldadagfees van die 11de Oktober 2008
En die Bloedriver 170 herdenking van 17 November 2008.

Die Volkskultuurfees sal hierdie jaar op 30 Mei 2009 by die Paardekraal monument aangebied word en hierdie jaar sal dit groter en selfs nog beter wees.

Te veel van ons volksgenote glo dat hulle skaam moet wees vir ons taal, geskiedenis en kultuur. Daarom het hierdie fees ook ten doel om volksgenote weer trots te maak op dit wat ons eie is.

Alle oorskot fondse sal aan CVO Brandwag geskenk word.

Om die dag meer aantreklik te maak vir besoekers, is een van die gaskunstenaars vir die dag, die gewilde Zak van Niekerk. Ook is daar besluit om meer aggressief te bemark in koerante, op radio, met plakate en baniere en op verskeie internet webwerwe wat gereeld deur volksgenote besoek word. Die media borge van die dag is: Radio Pretoria Die Afrikaner en Op Jou Voorstoep koerante.

Om te help om die kostes hiervan te dek, is daar besluit om organisasies die geleentheid te bied om as borge op te tree. Vir die borge is daar bepaalde voordele, na gelang van die tipe borgskap soos hieronder uiteengesit.


Goud
R5 000-00
Borg se naam op baniere wat by Paardekraal aangebring (sig van besigste straat in Krugersdorp) sal word 1 Maand voor fees.
Borg se naam op 100 plakate wat op strategiese plekke in die dorp op gesit sal word, twee weke voor fees.
Borg se naam in advertensie wat in plaaslike koerant geplaas sal word.
Borg se naam in advertensies wat op verskeie internet webwerwe geplaas sal word.
Borg word bedank deur seremonie meester.
30 toegangs kaartjies
Gratis stalletjie.



Silver
R2 000-00
Borg se naam op baniere wat by Paardekraal aangebring (sig van besigste straat in Krugersdorp) sal word 1 Maand voor fees.
Borg se naam op 100 plakate wat op strategiese plekke in die dorp op gesit sal word, twee weke voor fees.
Borg se naam in advertensie wat in plaaslike koerant geplaas sal word.
Borg se naam in advertensies wat op verskeie internet webwerwe geplaas sal word.
Borg word bedank deur seremonie meester.
20 toegangs kaartjies
Stalletjie teen 50% van koste.


Brons
R1 000-00

Borg se naam op baniere wat by Paardekraal aangebring (sig van besigste straat in Krugersdorp) sal word 1 Maand voor fees.
Borg se naam op 100 plakate wat op strategiese plekke in die dorp op gesit sal word, twee weke voor fees.
10 toegangs kaartjies
Borg se naam in advertensie wat in plaaslike koerant geplaas sal word.
Borg se naam in advertensies wat op verskeie internet webwerwe geplaas sal word.
Borg word bedank deur seremonie meester.

No comments:

Post a Comment